Ten bate van Liefdes Lyfies Baba Kleuter en Nasorg Sentrum nooi ons jou graag om saam met ons en Ricus Nel 'n hardekool te deel as ons ons jaarlikse fonds insameling hou op 29 November 2024.
Ons vure gaan hoog brand, dis immers Vrydagaand, so pak jou koelerboks, laai die kinders en kom vat vir Mamma vir 'n draai op die dansbaan.
Ons gaan 'n "kinderhoekie" he waar jy die kinders kan inboek dat hulle veilig en versorg ook hul aandjie kan geniet tussen al die maatjies en springkastele.
Hierdie gaan 'n aand wees om te onthou!
Vir enige navrae, kontak my gerus
MJ Bezuidenhout
0718814638
mj.bez@outlook.com
$
Did you know? We fundraise with Zeffy to ensure 100% of your purchase goes to our mission!